Royal Hotel

Album cover art for "Royal Hotel" by David Kramer

David Kramer - Pop, Afrikaans

Royal Hotel

2 Plays

Duration: 2:58

View ArtistView Album

Lyrics

Hier sit die manne in die Royal Hotel Ek ken mos vir almal, ek is almal se pel Luister ou vrind, daar agter die bar Hoe lyk dit met nog so 'n doppie daar Ken julle vir Doepie, sy bynaam is Dop Hy het vir die Springbokke doel geskop 'n lee bierblik kan hy maklik platdruk Met net een hou teen sy groot voorkop Nou stel ek voor my ou vriend Fanie Daar's niks ter wereld wat Fanie pla nie Ontmoet hom in die straat sê "Hoe gaan dit ou maat?" Se Fanie nee ek kan nie kla nie, maar Hier sit die manne in die Royal Hotel Ek ken mos vir almal ek is almal se pel Luister ou vrind, daar agter die bar Hoe lyk dit met nog so 'n doppie daar En hier sit die speurder, Sersant de Kock Hy drink sy whiskey so on the rocks 'n koel komkommer, ons noem hom op sy nommer Hy's dubble 0, 007 de Kock Hier sit die manne, hier sit die manne Hier sit die manne, hier sit die manne Ja hier sit die manne in die Royal Hotel Ek ken mos vir almal ek is almal se pel Luister ou vrind, daar agter die bar Hoe lyk dit met nog so 'n doppie daar En van die noordweste kom Karel Bester Dra kortmou hemp en 'n khaki broek Langdrag gebore, hare kort om sy ore Hy's lief om te lag, hy's lief om te vloek Hier langs die till, sit 'n man so stil Daar's trane in sy oe Hy's se hy's die baas van 'n bankrot plaas Hier ver van die Klein Karoo Maar dis lekker, dis lekker, dis tog te lekker hier Musiek op die draadloos en skuim op my bier Luister ou vrind, daar agter die bar Hoe lyk dit met nog so 'n doppie daar Hier sit die manne, hier sit die manne Hier sit die manne, hier sit die manne Ja hier sit die manne in die Royal Hotel

Rate this song

Rate this song

0/5.0 - 0 Ratings

5
0.0% (0)
4
0.0% (0)
3
0.0% (0)
2
0.0% (0)
1
0.0% (0)

Loading comments...

Credits

Credits Not Found