Montagu

Lyrics
Montagu-u-u-u-u-u-u… ek drink jou muskadel Ek sit hier op my rusbank, my voete op 'n springbokvel Die Klein Karoo …. Of 'n Kannaland Die son steek die Langeberge aan die brand Sê vir my nou wi is u 'n Hofmeyer van Montagu Getroud met van Deventer van Barrydale Ek ken jou pa se tante op Bonnievale Ja, sy was Le Grange van Ladysmith Rossouw is sy getroud, ja nou verstaan ek dit Kafeetjie op die hoekie het 'n rooi sinkdak Die mure is vol advertensies geplak Drink 'n Coca-Cola, rook Springbok tabak En buite in die son daar lê 'n slapende brak Die Kogmanskloof, die Outiniquas Wit lê die sneeu op die Tradoupas So krom soos die nekkie van 'n kalbaspyp En stadig word die brandewyn druiwe ryp Montagu-u-u-u-u-u-u… ek drink jou muskadel Ek sit hier op my rusbank, my voete op 'n springbokvel Die Klein Karoo …. Of 'n Kannaland Die son steek die Langeberge aan die brand
Rate this song
0/5.0 - 0 Ratings
Loading comments...