Lied van Ruth - My Land Is Jou Land

Album cover art for "Lied van Ruth - My Land Is Jou Land" by Tabitha

Tabitha - Pop, Cover

Lied van Ruth - My Land Is Jou Land

0 Plays

Duration: 3:46

View ArtistView Album

Lyrics

Language:

[Verse 1] Ek is n vreemde hier Ek het my land gelos Ek het jou pad gekruis Ek het jou spoor gevolg Jy het gesê gaan terug Moe nie op my vertrou Maar jy's 'n deel van my Wat doen ek sonder jou [Pre-Chorus] En ek weet die toekoms is onseker En die donker is digby En ek weet ons wag 'n lange reis Reg deur die woestyn Reg deur die woestyn [Chorus] Maar jou land is my land Jou volk is my volk Jou taal is my taal En jou God is my God Jou droom is my droom Jou pad is my pad Jou toekoms my toekoms En jou hart is my hart [Verse 2] Ek weet jou volk is bang Voor ons wat anders is Maar ek sal brugge bou Daar waar die afgrond is En ek sal tеrugverlang Daar waar die wind sal waai Wat uit die suidе kom Van my geboortegrond [Pre-Chorus] En ek sal sterk wees En ek sal oorleef Want ek wil naas jou staan Al sal dit moeilyk wees Al sal dit moeilyk wees [Chorus] Jou land is my land Jou volk is my volk Jou taal is my taal En jou God is my God Jou droom (Jou droom) is my droom (Is my droom) Jou pad (Jou pad) is my pad (Is my pad) Jou toekoms my toekoms En jou hart is my hart En jou deel (My deel) jou deel is my deel (Jou deel) Jou brood (My brood) is my brood (Jou brood) Jou lewe is my lewe Jou dood is my dood [Bridge] En wanneer die donker kom En jou mense my ontwyk Sal ek my liefde gee Totdat die haat verdwyn Totdat die haat verdwyn [Outro] Want jou huis is my huis Jou angs is my angs Jou stilte my stilte En jou land is my land

Rate this song

Rate this song

0/5.0 - 0 Ratings

5
0.0% (0)
4
0.0% (0)
3
0.0% (0)
2
0.0% (0)
1
0.0% (0)

Loading comments...

Credits

Writers
  • Stef Bos