So Long Skipskop

Lyrics
Pak op, pak op Sit jou goedjies op jou kop Môre gaan ons weg Ver van hier weg Skipskop Skipskop Wanneer hou die dinge op? Swaarkry lê net voor Die blou berge oor Overberg se mens is ek gebore Op die plek skipskop Nes my pa en sy pa ook Hier deur die duine, loop ons se spore Hier op die beach hier langs die see is ek gedoop Wat ken ek anders As die bloudam se branders Die wolke en die winde wat hier waai Verkoop jou bootjie, pak op jou goedjies Sê maar so long Skipskop Skipskop sê goodbye Linkerhand, regtehand Watse kant lê die plek misverstand? Asseblief meneer ag sê tog weer Is dit die pad wat ons moet môre vat 'n stukkie lê hier en 'n stukkie lê daar Stukkies van my lewe julle lê deurmekaar Tel op tel op vir Shorty en vir Pop Gaan haal vir Apie en hou daai kindjie dop Wat ken ek anders As die bloudam se branders Die wolke en die winde wat hier waai Verkoop jou bootjie pak op jou goedjies Sê maar so long Skipskop Skipskop sê goodbye Sê maar so long Skipskop Skipskop sê goodbye
Rate this song
0/5.0 - 0 Ratings
Loading comments...
Credits
- Writers
- David Kramer