Die Verlosser

Lyrics
O vir ses lang jare het dit nooit gereen nie Die staal blou hemel het ons nooit geseen nie Die bokke en skape en diere het gevrek Moedeloos het ons kop geskud Die kerk was vol en ons het hard gebid Die ryk mense ja hulle het almal weggetrek Een Saterdag middag toe die son gaan sak Kom daar 'n vreemdeling aangestap Hy dra so 'n guitar ding in sy hand Hoe oud hy was kan ek nie se nie Niemand weet wat hy wou he nie Vir my lyk hy nogal moeilik en astrant Ek is die verlosser was die reen kan bring Ek is die man wat vir die wolke sing En al wat ek wil he is met jou mooiste kind te trou Die mense het gelag hulle se ja-nee Bring ons die reen sal ons jou iets gee Maar die mooiste een ons sal besluit oor die mooiste een vir jou Elke uur vir 'n dag of twee Dans die verlosser met sy skaduwee Toe sien ons maar hier kom 'n wolkie oor die rand Die hemel trek toe en die weerlig slaan Die verlosser dans dat die stof so staan Daai aand val die reen en seen die droee land En dit reen reen vir 'n week of twee Almal wil iets vir die verlosser gee Almal is so dankbaar en so bly En ons braai vir hom worsies en ons skink vir hom dop Hy lag tog te lekker en hy skud sy kop Jou mooiste kind nou, nou bring haar hier na my Almal kyk vir almal almal is verstom Ons dog hy maak 'n grap en ons lag vir hom Belofte is belofte is dit nie Ons sal jou betaal se net wat jy wil he Jou mooiste kind het ek aan die begin gese Maar nou kan ek sien niemand gaan haar aan my gee Hy vat sy baadjie en hy vat sy tas Elke ouer hou sy kind styf vas Hy se mense dit nou jammer maar ek moet waai Hy vat sy guitar stap die hoofstraat af Niemand praat nie net die honde blaf Hulle dink ja loop man, loop maar in jou maai Die volgende oggend toe die hane kraai In elke huis hoor jy dieselfde lawaai Mammas skree "my kinders het ver dwym" Ons soek die dorp deur ons roep hulle name Heen en weer in elke ou kamer Maar al wat ons hoor is die verlosser se refrain Jaar na jaar het die reen gekom Ons het ryk geword die veld het geblom Nogtans het ons dorpie agteruit gegaan Ons kon nie lag nie die kos had nie geur nie Ons kon nie praat oor wat het gebeur nie Maar die les van die velosser het almal nou verstaan
Rate this song
0/5.0 - 0 Ratings
Loading comments...
Credits
- Writers
- David Kramer